Saturday, February 27, 2010

In Die Volksblad


Verskeie hoofstukke, soos die een oor klippe, en ’n ander oor bagasie, is netjies gestruktureerde essays.

Wilkinson vertel goed en beskryf uitstekend. Sy beeld die kosmopolitiese pelgrims met hul eiesoortige dialoog asof op ’n immerbewegende verhoog voor die leser uit. Daar is die mooiste natuurbeskrywings en die interessantste pelgrimslegendes. Rillingwekkend vertel sy hoe sy en Akira, ’n reisgenoot, die duiwel ontmoet het. Dan weer hoe die heilige Jakobus self haar gehelp het.

Stoffel Cilliers, vryskutresensent vir die Volksblad

No comments:

Post a Comment