Thursday, October 15, 2009

First Review! Oor mense en hul lewens SARIE October 2009

SARIE - Oktober 2009

Sou jy my vra waarom ek juis hierdie 5 boeke kies as my keuse van die week, dan is die antwoord eenvoudig

Dit gaan oor mense. Beslis baie uiteenlopende mense met lewensverhale wat geen ooreenstemming met mekaar het nie. Die ding wat hulle saambind is die passie waarmee elkeen sy of haar lewe geleef het. Ek vind dit inspirerend om oor sulke mense te lees. Onthou om ons SARIE boekwinkel te besoek om van die boeke te bestel.



The way of stars and stones The Way of Stars and Stones, Wilna Wilkinson (Jacana, R175)
Verhale soos hierdie is altyd vir my verbysterend, want ek is altyd verstom oor wat ander mense motiveer om dinge soos 'n pelgrimstog aan te pak. In die boek vertel Wilkinson van hoe sy, nadat sy gehoor het 'n vriendin het kanker, besluit het om op 'n pelgrimstog te gaan. Sy wou die Camino stap om hulde aan dié vriendin te bring. My verbystering is dat ten spyte van die swaarkry, pyn en lyding op die tog, sulke pelgrimgangers hulself altyd dryf om klaar te maak. So ook Wilna. Behalwe dat vir haar nie daarom gaan om die staptog in 'n spesifieke hoeveelheid dae klaar te stap nie, maar dat sy die dinge langs die pad sien en ervaar en dat sy aangeraak word deur mede-reisigers. Tog is sy 'n alleenreisiger en stap sy alleen, dog nie in isolasie nie. Een van die mooiste stukkies wat sy sê oor haar ervaring is: "I suddenly realised the enormity of the gift of the Camino; to have this luxury of time, of solitude, silence, serenity and endless, endless space! It was the space where I was able to breathe and to live the moment."
Al wat ek kan sê, is sou jy ooit oorweeg om die Camino te gaan stap, lees die boek. Soek jy bloot inspirasie uit iemand anders se lewe, lees die boek.

(Rough translation --
If you asked me why I chose these five books as the choice of the week, then the answer is quite simple. They all concern people. Definitely very diverse people with life stories which have no relation the one to the other. The thing that binds them is the passion with which each of them lives his or her life. I find it ... Read moreinspiring to read a bout such people.
Stories like this one I always find astounding, because I am always astonished by what it is that motivates people to take on challenges -- such as a pilgrimage. In the book Wilkinson tells how, after she heard about a friend discovering that she had cancer, decided to go on a pilgrimage. She wanted to walk the Camino to honour her friend. What I find so astounding is that despite the difficulties, the pain and the suffering on the walk, pilgrims will push themselves to finish that which they started. As did Wilna. Except that for her the pilgrimage was not about reaching the destination or finishing it in a certain number of days, but that she saw and experienced everything along the way and that she was touched and moved by her fellow-travellers. She is a loner and walked alone – yet she never walked in isolation. One of the most striking little things she says about her experience is : "I suddenly realised the enormity of the gift of the Camino; to have this luxury of time, of solitude, silence, serenity and endless, endless space! It was the space where I was able to breathe and to live the moment." And all I can say is, should you consider walking the Camino, read the book. Should you simply look to find inspiration from someone else’s life, read the book.
)


Manna – My verhaal van rooibostee en wonderwerke, Annique Theron (Annique Theron, R225)
Annique Theron se lewensverhaal is eintlik merkwaardig. Sy kom uit 'n beskeie plaasagtergrond. Soos die meeste plaaskinders is sy ook koshuis toe en het gou aangepas. Dit was maar moeilike jare net so ná die Depressie en so verloor hulle hul plaas en moet 'n ander heenkome soek. Dan volg haar hoërskool- en kollege jare. Sy vertel ook hoe hardnekkig Meiring (wat uiteindelik haar man geword het) haar die hof gemaak het en met die mooiste liefdesbrief haar hart kon wen. Gesinslewe volg en dan haar werk met rooibostee. Die boek is geskryf presies soos sy haar storie vertel, met geweldig baie detail oor plekke, mense en dinge. Sy gee ook heelwat feite oor interessante goed soos rooibostee, navorsing en nuwe verwikkelinge wat verband hou met haar lewe en werk. 'n Insiggewende boek oor 'n baie merkwaardige vrou wat op 80-jarige ouderdom steeds aktief en voluit leef. Bestel die boek landwyd by Annique-konsultante.


Fanus Onthou en Sebastian lieg in die mou
, Fanus Rautenbach saam met Piet Coetzer (LAPA, R140)
‘n Lewensverhaal met 'n verskil, want nie alleen vertel Fanus self sy verhaal nie: Sy alter ego, Sebastian, of soos Fanus sê, sy kloon, vertel van die gebeurtenisse wat vir Fanus soms moeilik is om self oor te vertel. Dis 'n lang lewe in die openbaar hierdie, want Fanus was volksbesit vir die grootste deel van sy lewe. Sy radiowerk en openbare optredes het hom gewild en bemind gemaak. Natuurlik is daar baie stories, party met 'n kinkel in die kabel, oor Fanus wat algemeen bekend is. In hierdie memoires gee hy die waarheid oor baie van die stories wat oor hom vertel word. Van die teerste oomblikke is wanneer Fanus oor sy Vroutjie-Douwtjie gesels en hoeveel hy haar steeds mis en dat hy steeds elke dag in gesprek is met haar. 'n Lekker lees-ervaring met baie humoristiese stories oor bekende mense wat oor Fanus se lewenspad gekom het, en 'n goeie oorsig oor die komplekse mens Fanus.


It's a Vet's life, Roy Aronson (Tafelberg, R165)
Aronson vertel die interessante verhaal van hoe hy in veeartsenykunde beland het. Alle diereliefhebbers sal verheug wees dat iemand soos Aronson wel 'n veearts geword het. Sy liefde vir diere is die ding wat hom in die rigting gestuur het. Hy vertel van studentedae en vreemde pasiënte soos die renoster wat sy pad gekruis het. Sy lewe word gekarteer in terme van die katte, honde, wolf, apies en ander wilde en mak diere wat hy in sy lang loopbaan as veearts behandel het. Dierestories fassineer my altyd en hierdie boek is geskryf deur 'n veearts wat regtig 'n passie het vir wat hy doen. Sy passie is baie duidelik in die staaltjies wat hy vertel oor die interessanter pasiënte wat al deur sy praktyk se deure gestap het. Partykeer kan ek myself nie help nie en wonder dan baie stout hoe lyk van die vreemdste pasiënte se base! Sou hulle eksentriek of doodgewone diereliefhebbers wees? 'n Lekkerlees-boek.



Running with horses Running with Horses, Allan Boesak (Joho!, R209)
Teen hierdie tyd het gereelde lesers van hierdie webblad al agtergekom ek het 'n passie om oor politiek te lees. Dis gedeeltelik te wyte aan my baie lang loopbaan in die pers en dat ek vir 'n hele klomp van die jare as 'n koerantfotograaf gewerk het tydens die vroeë negentigs. In daardie dae het ek baie van die huidige mense op ons land se politieke front ontmoet en om vandag oor hulle te lees, gee my 'n ander tipe insig in die politiek. Soms as jy te direk met 'n onderwerp werk, kyk mens uit 'n spesifieke oogpunt na sake van die dag. Boeke soos die een van Allan Boesak is noodsaaklik, want dit gee perspektief aan die onstuimige politieke geskiedenis van ons land. Veral die jare waartydens Suid-Afrika in 'n noodtoestand was en koerante en ander media eintlik maar gemuilband was en nie die volledige verslaggewing kon doen oor die aktuele sake van die dag nie. Boesak skryf oor sy radikale Christenskap en hoe dit sy politieke uitkyk gevorm het. Hy skryf oor die aanloop tot en die ontstaan van die UDF en die verloop van die struggle daarna. Een van die juwele van die boek is die toesprake en ander geskrewe stukke wat nog nie in druk beskikbaar was nie. Een ding is seker, Boesak is 'n man wat weet hoe om die woord te gebruik! Die boek skep ook 'n prentjie van wie Allan Boesak nou eintlik is en wat sy bydrae tot ons geskiedenis behels.

No comments:

Post a Comment